die gebreekte snaar
mense was dit
wat die snaar vir my gebreek het
daarom
het die plek vir my só geword
as gevolg daarvan
omdat hulle die snaar gebreek het
en ek die trillende geluid deur die lug nie meer kan hoor nie.
daarom
voel die plek nie meer vir my
soos die plek eens vir my gevoel het nie
as gevolg daarvan
want
die plek voel asof dit sommerso oopstaan
omdat die snaar gebreek is vir my
daarom
voel die plek vir my vreemd
as gevolg daarvan
Diä!kwain
Uit: "die sterre se ‘tsau’
/Xam-gedigte … gekies en versorg deur Antjie Krog


|