die halssnoer
(uit die storie van die luiperd en die skilpad)
sy sien ‘n jagter
sy vra hom om haar te salf
om ‘n klein bietjie vet aan haar te smeer
aan haar nek
net bokant die sleutelbeen
hy salf haar en toe hou sy hom vas
sy hou hom daarom styf vas
en die man se hande begin ontbind in haar nek
daarom ontbind sy vlees, sy vel en sy naels
net die beendere bly agter omdat die man
sy hande ontbind in haar nek
!Kweiten-ta-//ken
Uit: "die sterre se ‘tsau’
/Xam-gedigte … gekies en versorg deur Antjie Krog

|