Ladybird - 'n Herinnering aan my moeder
Glans oker
En 'n lig breek
Uit die see.
In die agterplaas
erens tussen die wasgoed
en 'n boom vol granate
jou lag en die oggend
skielik en klein
soos 'n liewenheersbesie
geval op my hand
deur Ingrid Jonker: Versamelde Werke
Posted 10 June 2005, www.face.org.za, author: Ingrid Jonker.


|